Vryburger

Vryheid en orde / Freedom and order

Die ouens is sweerlik eerlik


Is daar werklik enige twyfel oor die ANC-comrades se ambisies? Is daar dan nie vele voorbeelde van reguit en duidelike uitsprake oor hulle drome en ideale nie? Wie kan sê dat die ANC sy agenda stil-stil bedryf?

To broaden economic empowerment to reach the masses of our people, we are encouraging various forms of collective ownership of the economy such as employee shareholding schemes, co-operatives and public ownership.

Jacob Zuma, 27 April 2011

Dit herinner my aan iets.

There was no secrecy about the ambitions of the Nazis. The Nazis themselves advertised them in innumerable books and pamphlets, and in every issue of their numerous newspapers and periodicals. Nobody can reproach the Nazis with having concocted their plots clandestinely.

— Ludwig von Mises (1881 – 1973), in Omnipotent Government

[NOTA, 3/5/2011: Ek moet byvoeg dat ek nie die ANC verdink van diesélfde soort uitwissingsideologie as die Nazi’s nie. Die ooreenkoms waarop ek sinspeel lê in die openlikheid waarmee andersins ondenkbare idees verkondig word en die skynbaar kinderlike hoop dat die ANC in baie opsigte nie ernstig is nie.]

3 responses to “Die ouens is sweerlik eerlik

  1. alleman 2011/04/29 om 10:21

    Ek glo nie die ANC is werklik ernstig daaroor om die massas te bemagtig nie, maar as hulle was, wat is die probleem daarmee?

    • pietleroux 2011/04/29 om 10:53

      ek hou van jou kenteken.

  2. pietleroux 2011/04/29 om 10:52

    Snaaks! Dit gaan natuurlik nie oor die motiewe nie, maar oor die dade. Die ANC wil kollektiviserende dade verrig. Die motief (utopiese retoriek) aan die hand waarvan die handelinge (kollektivisering) verdedig word is nie ter sake nie – wat ter sake is is die handelinge self en die totaliserende verskrikking wat dit inhou.

    As Julius sê: “ons wil nasionaliseer sodat daar kos op almal se tafel is,” dan is dit verwerplik nie vanweë die hoop om kos op almal se tafel te hê nie, maar vanweë die voorneme om ‘n totalitêre staat daar te stel en die noodwendig vernietigende gevolge daarvan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: