Vryburger

Vryheid en orde / Freedom and order

Geldigheid hang nie hiérvan af nie


Op my rubriek (“’n Engelse Matieland sou Manyi bly maak”, DB, 06.04) oor die US se wegbeweeg van Afrikaans het ek geen reaksie van die US-bestuur verwag nie.

Dit sou natuurlik lekker gewees het om ’n slag ’n poging tot deeglike repliek te sien, maar ek het nie verwagtinge gekoester nie. Groot was my verbasing dus oor die reaksie van die universiteit (Susan van der Merwe se brief, DB, 09.04), wat oënskynlik as ’n saaklike weerlegging met koue feite bedoel is.

As onderdeel van ’n erg kritiese rubriek oor hoe die US willens en wetens van Afrikaans afstand doen, het ek onder meer dié stelling gemaak: “Vanjaar, 100 jaar ná 1911, oorskry die aantal Engelse eerstejaars die eerste keer die Afrikaanses (verneem ek van twee US-personeellede).” Die geldigheid van my betoog hang egter glad nie van hierdie stelling af nie.

Van der Merwe se syfers oor eerstejaars kan só opgesom word: 47,46% Afrikaans, 8,77% Engels en Afrikaans, 43,77% nie-Afrikaans. Na gelang van hoe jy dit meet – blyk dit uit die US-reaksie – is daar óf net-net ’n meerderheid Afrikaanse studente óf inderdaad net-net ’n minderheid. My inligting via twee US-personeellede was dus (moontlik) (vanjaar nog) met enkele persentasiepunte uit, of reeds geldig.

Selfs al het ek Van der Merwe se syfers gebruik, is hierdie stelling steeds korrek: “Vanjaar, 100 jaar ná 1911, staan die US – na gelang van hoe jy dit meet – op die rand daarvan om meer nie-Afrikaanse as Afrikaanse eerstejaars te hê.”

In die lig daarvan dat daar nou wél gereageer is, wonder ek: Was dit die enigste deel van die rubriek oor die kreeftegang van Afrikaans aan die US waar die US-bestuur meen ’n wesenlike mistasting (na gelang van hoe jy dit meet) begaan is? Ek sien op die US-webblad die “historiese oorsig” bevat steeds geen verwysing nie na die rol van Afrikaans in die US se ontstaan en groei, ongeag hoe jy dit meet.

Piet le Roux

Pretoria

Oorspronklik verskyn in Die Burger, hier, op 24 April 2011.

One response to “Geldigheid hang nie hiérvan af nie

  1. toortsie 2011/04/25 om 12:28

    Ja, as oud-Matie is dit vir my ontstellend. Ek het geen probleem met anders-taliges, anderskleuriges nie. maar sjoe!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: